Index

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
post

Wêreldmarkte steier, SA Politiek onseker: Wat nou?

Die wêreld is deurmekaar en NIEMAND weet wat vorentoe gaan gebeur nie. Aandelemarkte wêreldwyd het wesenlik teruggesak en triljoene van aandeelhouers se geld uitgewis. NEE, jy het nog niks verloor totdat jy besluit om te verkoop nie. Na my mening het President Trump, sy hand oorspeel.

Suid Afrika is deurmekaar en is die toekoms van die RNE in gedrang. Dit kan verdere negatiewe sentiment op finansiele markte veroorsaak. Waar los dit ons as beleggers?

Moenie dat emosies jou besluitneming beïnvloed nie. ’n Emosionele besluit is normaalweg nie die regte besluit nie. Per definisie, is emosies gevoelens wat jy ervaar wat deur pyn óf vreugde veroorsaak word en dan ’n bepaalde reaksie tot gevolg het.

PWM is van mening dat dit voortydig is om nou enige besluite te neem. Sodra alles uitspeel kan ’n meer sinvolle besluit geneem word.

Al PWM se saamvatfondse is goed gediversifiseerd. Sekere het meer risiko as ander. Tyd speel ’n belangrike rol. Alle vorige markineenstortings het herstel tot vorige vlakke en verder gegroei.

Die wagwoord is dus “GEDULD”.

As jy egter onseker voel oor jou belegging moet jy nie huiwer om PWM te skakel nie.