Index

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors
post

Afskakeling van 2G- en 3G netwerke

As deel van ‘n nasionale inisiatief het die Suid-Afrikaanse regering 2G en 3G mobiele netwerke begin uitfaseer om plek te maak vir nuwer tegnologieë soos 4G en 5G. Dit kan toestelle raak wat met versekeringspolisse verband hou, soos voertuigopsporingtoestelle, veiligheidstelsels, en nywerheidstoerusting. Hierdie toestelle kan diensonderbrekings ervaar of uiteindelik ophou werk. Alhoewel die volle afsluiting vir Desember 2027 beplan word, het sekere verskaffers van mobiele toestelle so vroeg soos Januarie 2025 hul netwerke begin afskakel, en sekere toestelle het reeds konnektiwiteit verloor.

Motorvoertuigtoestelle:
Kliënte wat voertuigtegnologie soos opspoortoestelle, inligtingstegnologie of vlootbestuurstelsels gebruik, moet vasstel of hul toestelle steeds net op 2G- of 3G-netwerke steun. Hierdie produkte gebruik dikwels handelsmerke wat nie duidelik die onderliggende tegnologie aandui nie, dus is dit belangrik om die model en spesifikasies van die toestel te bevestig.

Wanneer opgraderings oorweeg word, is Radiofrekwensie-opspoortoestelle (RF-opspoortoestelle) ‘n betroubare alternatief. Anders as GPS/GSM-gebaseerde stelsels steun RF-toestelle nie op sellulêre netwerke nie en is dit meer doeltreffend as dit by die terugvind van voertuie kom.

Eiendoms- en Ander Toestelle:
Kliënte wat eiendomsveiligheidstelsels, sekere nywerheidsalarms of ander moniteertoestelle gebruik wat met beheerkamers verbind is, moet by hul diensverskaffers uitvind watter netwerk hul toerusting gebruik. Toestelle soos brandalarms en gasopspoorders kan ook deur die afskakeling geraak word.

Wees proaktief en maak seker dat jou toestel versoenbaar is met jou diensverskaffer, indien nie, sal opgradering nodig wees.

NB: Wat staan jou te doen: Maak seker dat toestelle 4G of 5G tegnologie gebruik. Dit sal teleurstelling by eise stadium voorkom.

Bron: Santam